{"id":2074,"date":"2021-04-14T11:34:52","date_gmt":"2021-04-14T11:34:52","guid":{"rendered":"https:\/\/siza.co.za\/?p=2074"},"modified":"2021-04-14T11:34:52","modified_gmt":"2021-04-14T11:34:52","slug":"omgewingsbestuursbeleid-teenoor-plan","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/devarchive.siza.co.za\/?p=2074","title":{"rendered":"Omgewingsbestuursbeleid teenoor -plan"},"content":{"rendered":"<p>Volhoubaarheid binne die landboubedryf, en die meeste ander bedrywe in die w\u00eareld, is deesdae in groot aanvraag. Die toenemende druk op die omgewing het ons gedwing om opnuut ons metodes en metodologie\u00eb rakende ons sakepraktyke te heroorweeg.<\/p>\n<p>Druk van markte, internasionale en nasionale wetgewing, en algemene welstand vereis dat produsente die bestuur van hul ondernemings op &#8216;n nuwe en moderne manier moet benader, met volhoubaarheid as die hoofdoel. Omgewingsbestuur as geheel het \u2018n groot rol om te speel wanneer \u00a0\u00a0volhoubaarheidsdoelstellings nagestreef word, maar net soos enige sakemodel struktuur en aandag aan detail benodig, benodig omgewingsbestuur ook &#8216;n gestruktureerde benadering.<\/p>\n<p>Struktuur in omgewingsbestuur vereis dat &#8216;n mens &#8216;n stap terug moet neem en die aspekte van die omgewing stuk vir stuk moet afbreek. In plaas daarvan om die spreekwoordelike bul by die horings te neem, kan die omgewing volhoubaar bestuur word deur klein doelwitte te h\u00ea en stap vir stap elke doelwit te bereik.<\/p>\n<p>Die eerste stap tot omgewingsbestuur is deur <strong>beleidsdoelstellings<\/strong> vir u landboubesigheid op te stel. &#8216;n Omgewingsbestuursbeleid bevat gewoonlik doelwitte vir die toekoms, wat moet uiteensit wat in terme van volhoubaarheid binne die onderneming bereik wil word. Die beleid moet &#8216;n wye stel beginsels en oortuigings wees wat in alle aspekte van die onderneming ge\u00efmplementeer kan word, wat grond; water; energie, materiale en afval; en die bestuur van biodiversiteit insluit. Kortliks, moet die beleid die drome bevat wat jy vir die toekoms het om &#8216;n volhoubare besigheid te h\u00ea wat &#8216;n leeftyd kan duur en wat geslagte kan dien.<\/p>\n<p>Die <strong>omgewingsbestuursplan<\/strong> moet saam met die bestuursbeleid gaan. Waar die beleid doelwitte vir die toekoms uiteensit, moet die plan die stappe en aksies bevat wat daagliks geneem word om hierdie drome van volhoubaarheid te laat realiseer. Die omgewingsbestuursplan moet die oplossing wees vir die probleme wat verband hou met volhoubaarheid binne die besigheid. Hierdie aksies moet spesifiek verwys na alle aspekte van die besigheid en moet deurgaans toegepas word.<\/p>\n<p>Om saam te vat, die <strong>omgewingsbestuursbeleid<\/strong> moet oor die toekoms gaan, terwyl die <strong>omgewingsbestuursplan<\/strong> gaan oor die daaglikse onmiddellike aksies wat ge\u00efmplementeer word om hierdie doelwitte te bereik.<\/p>\n<p>Voorbeeld dokumente van \u2018n omgewingsbestuursbeleid en -plan is beskikbaar op die SIZA-webwerf vir alle lede om te gebruik. Volg die skakel en gebruik die dokumente as riglyne om duidelikheid te gee oor hoe om hierdie dokumente vir u besigheid saam te stel.<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/siza.co.za\/document-library\/environmental-library\/\">https:\/\/siza.co.za\/document-library\/environmental-library\/<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Volhoubaarheid binne die landboubedryf, en die meeste ander bedrywe in die w\u00eareld, is deesdae in groot aanvraag. Die toenemende druk op die omgewing het ons gedwing om opnuut ons metodes en metodologie\u00eb rakende ons sakepraktyke te heroorweeg.<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":2075,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[186,183],"tags":[344,180,210,345,346],"class_list":["post-2074","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-afrikaans","category-siza-connect-newsletter","tag-beleid","tag-environmental","tag-omgewing","tag-plan","tag-policy"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/devarchive.siza.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2074","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/devarchive.siza.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/devarchive.siza.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/devarchive.siza.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/devarchive.siza.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=2074"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/devarchive.siza.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2074\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/devarchive.siza.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=2074"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/devarchive.siza.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=2074"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/devarchive.siza.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=2074"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}