Chemiese middels is produkte wat die meeste in die landboubedryf gebruik word en hou ‘n aansienlike hoë risiko in as dit nie reg bestuur word nie.
Die Asbes-vermindering regulasies vereis van werkgewers om sover dit redelik moontlik is, ‘n veilige werksomgewing te voorsien en in stand te hou wat sonder risiko’s vir werknemers se gesondheid en welstand is.
Dit is van kardinale belang om te onthou dat daar van geen werknemer vereis mag word om enige betaling te maak wat verband hou met die werwingsproses of die aanvang van werk nie.
In ooreenstemming met Sektorale Vasstelling 13 (SD13), Artikel 19(1)(a), moet werknemers ‘n daaglikse rustydperk van ten minste 12 opeenvolgende ure ontvang tussen die beëindiging van werk op een dag en die aanvang van werk die volgende dag.
Baie SIZA-lede (plase en pakhuise) maak gebruik van die dienste van TES, en dit is dus noodsaaklik om te onthou dat die diensverhouding tussen die werkgewer en die TES ‘n gesamentlike verantwoordelikheid is. ‘n Besigheid kan nie wetlike verpligtinge of hul verantwoordelikheid vir oorsig oor en monitering van ‘n TES vermy nie, en moet dus voldoende stelsels in plek hê.
Werknemers wat buitelandse burgers is moet in besit wees van ‘n geldige paspoort/ID en die nodige werkspermitte wat in Suid-Afrika vereis word, voordat hulle vir ‘n Suid-Afrikaanse besigheid kan werk.
Onlangse SIZA ouditbevindinge vanuit alle provinsies het vasgestel dat sommige besighede steeds lone per uur verkeerd bereken, veral wanneer hulle die histories bekende ‘stuk-tariefstelsel’ of ‘stuk-werk’ gebruik.
Die indiensnemingskontrak dien as ‘n formele erkenning van die werksverhouding en dit beskerm beide die werkgewer en die werknemer rakende hul pligte en verantwoordelikhede. Kontrakte is daar om beide partye in die werkplek te beskerm.
Alhoewel daar nie baie wetgewing vir behuising binne die landbou-sektor spesifiek in Suid-Afrika is nie, word die vereistes en strewe na beste praktyk gedryf en gebaseer op ‘n kombinasie van verskeie wette en regulasies regoor die Suid-Afrikaanse regsraamwerk.
Produsente word versoek om enige en elkeen van die sewe goedgekeurde ouditfirmas te kontak om kwotasies aan te vra voordat ‘n oudit plaasvind.